Parakaleo (Come closer so I can encourage you)

by @marthie

Liner Notes

A pastor wrote this and I put it to music.

Lyrics

Parakaleo - Paul le Roux , 2 Kor 1

V1. Loof God die Vader.
Hy ontferm, bemoedig
en roep ons nader.
Loof God die Vader.
Nou kan ons ander nader
roep en bemoedig
met dieselfde bemoediging
waarmee Hy ons gemoed lig.

V2. Loof God die Vader.
Soms is die lyding so intens
dat ons by die dood omdraai.
Loof God die Vader.
Dit leer ons
om nie op onsself te vertrou nie
en laste net op te bly laai.

Pc: Terwille van Christus
deel ons in ’n oorvloed lyding.
Deur Christus is daar egter ook
’n oorvloed bemoediging.
Daarom kan ons
die lyding geduldig verduur,
want Hy roep en hou ons
naby in Sy liefdevolle natuur.

C: Kom nader sodat ek jou kan bemoedig
Kom nader sodat ek jou kan bemoedig
Parakaleo
Kom nader sodat ek jou kan bemoedig
Kom nader sodat ek jou kan bemoedig
Vir Korinthe gister en ook vir jou vandag

B: Wanneer ons planne buite beheer makeer,
Dan bly daar net vertrou op U o Heer.
Ons hoop is dan net op U gevestig.
Dan bid ons vir mekaar
en maak U vrede ons kalm, rustig.



[avatar]

I don't know this language but I used Google translate. Beautiful work, Marthie. Very poignant, moving and so wonderful to listen to. Gorgeous music, singing, playing and atmosphere.